Agter die skerms
Hier is enkele besonderhede (oor bladuitleg, die opstelling van die rekenaar waarop ek ontwerp, en so meer) ná versoeke in die verband:
- Ontwerp op 'n rekenaar met 'n 14-duim skerm, 800 × 600 resolusie en 16-bis (65536) kleure.
- Gebaseer op die HTML 3.2-standaard (geskryf in Windows 95 se Notepad). 'n Uitstekende HTML-redigeerder, EditPlus 1.1, word tans beproef.
- Stylvoorskrifte word gebruik om die fontgrootte en ander versiersels soos onderstreping vas te vat. (Indien skakels op hierdie webruimte onderstreep is, ondersteun jou blaaier waarskynlik nie stylvoorskrifte nie.)
- Grafika geskep met Paint Shop Pro 4.14 en WWW Gif Animator 1.1 (en saamgepers met Gif Wizard).
- Geanimeerde knoppies word verkry met JavaScript van Professional Web Design.
- Die teller is 'n stukkie hoogs-verstelbare CGI-script: Count 2.4.
- Getoets op Netscape Navigator 4.5 en Microsoft Internet Explorer 3.02. Merkers wat deur beide blaaiers ondersteun word, word deurgaans gebruik.
- Opgelaai na esl.ee.sun.ac.za ('n Linux-bediener in die Universiteit van Stellenbosch se departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese).
- Oor klagtes rondom my gebruik van rame: die teks behoort te woordvou om te pas binne kleiner vensters (normale teksreëls loop net verby die ente as die breedste grafika breër as die raam is: my grafika is so smal dat jou venster vrek klein moet wees om nie volle reëls te wys nie); dit maak die aflaai van blaaie vinniger; dit vergemaklik die skepping van 'n uitbreibare en aanpasbare (infra-)struktuur; dit lyk goed! (Ek is intussen daarop gewys dat die blaaiers in sommige RGA's nie werk soos ek hierbo beskryf nie: jammer, maar die gebruik van verouderde pakkette kom teen 'n prys.)
Laat my asseblief weet as my blaaie anders lyk as wat ek dink (dit is moeilik om vir alle opstellings voorsiening te maak: brei tog uit oor joune). Ek beantwoord graag ander vrae rondom hierdie kwessie, as ek kan.