Lochner Geslagregister

Lochner - Geslagregister

Die Lochners van Afrika

Die vyfde volume van die Suid-Afrikaanse Geslagregisters, Deel L–M, word eersdaags deur GISA gepubliseer.  'n Uitgebreide Lochner-geslagregister, wat vir dié doel opgestel is, vorm die kern van die onderstaande familie-uitleg.  Dit word beskikbaar gestel vir ander navorsers en belangstellendes.

Die volgende simbole en afkortings word gebruik: * (gebore), = (gedoop), + (oorlede), # (begrawe), x (getroud), ÷ (geskei), a. (aankoms), c. (circa, ongeveer), v. (van), d.v. (dogter van), s.v. (seun van), wed. (weduwee), wew. (wewenaar), NN (nomen nescio, naam onbekend).  Die stamvader se kinders word chronologies b1, b2, b3, ens. genommer.  Sy kleinkinders is die c-geslag, sy agterkleinkinders die d-geslag, ens.

Aktiveer asseblief JavaScript en herlaai dié blad om die geslagregister hier te sien verskyn.

Blaaiers ouer as Netscape 3 en MSIE 4 kan nie die volume data in die geslagregister baasraak nie en vertoon dit onvolledig.  Dit is egter ook beskikbaar as register.txt (30kB), leesbaar in die meeste woordverwerkers, en register.pdf (23kB), leesbaar met Adobe se Acrobat Reader 3.01 (3924kB).

Die geslagregister is opgestel deur Johann Georg Lochner (b6c1d7e6f1g4h1).  Ongepubliseerde materiaal van dr. JA Heese is as verwysing gebruik.  Opregte dank aan mev. Eulalia Catherina Georgala (gebore Lochner, b6c3d1e3f2g1h1) vir haar leeue-aandeel in die versameling en ordening van nuwe materiaal.

Besondere bydraes is ook gelewer deur dr. Johann Gert Lochner (b6c1d7e6f1g4), prof. Jan de Villiers Lochner (b6c3d1e3f5g3) en mev. Reinette Yvonne Lochner (gebore Sevenster, getroud met b6c1d6e1f2g1h1).  Onontbeerlike hulp en leiding is ontvang van mnr. Leon Endemann en mev. Gerbrechta Gericke (beide van GISA).

Inligting ter aanvulling word verwelkom.  Die strewe is na volledigheid; deur die Internet is dit ook haalbaar.  Rig posstukke aan: Johann Lochner, Posbus 3334, Matieland, 7602; telefoon: 021-8083763; e-pos: lochner@sun.ac.za; webtuiste: http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/index.html.