DANK GOD, DANK HOM ALOM Woorde: Anoniem Musiek: JOHANN CRÜGER; verwerk: J.S. BACH Dank God, dank hom alom met harte, monde en hande. Hy't wondere gedoen aan ons en alle lande. Van moedersknie het Hy ons in sy trou gespaar, met gifte ons oorlaai, tot hede toe bewaar. Laat steeds u volk, o Heer, in U van harte bly wees. Laat ons, u eiendom, tog altyd U naby wees. U slegs kan ons behoed, ons uit die doolweg lei; ja, ons van alle nood hier en hierna bevry. U, Vader, U sy dank, ons wil U ewig lowe; U, Seun en Heil'ge Gees, Wat saam regeer daar bowe. U, die Drie-enige, moet aard' en hemel vrees; so was dit, is dit nou en sal dit ewig wees.