WIL HEER MY DEUR DIE NAG BESKERM Woorde: G.G. CILLIÉ Musiek: S. CALVISIUS Wil Heer my deur die nag beskerm, en wil U oor my lot ontferm. O, slaan my, hulploos, gade. Skenk na die nag die nuwe dag en ryklik u genade. Heer Jesus, U het my gelei; O, bly my altyddeur naby, en maak my vry van sorge. O, laat my gees nou onbevrees rus tot die vroeë morge. O Gees, skenk vrede in my gemoed, en laat my rus deur Jesus bloed. Die awend van my lewe sal ek U bly my loflied wy vir alles my gegewe. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=396