MAGALIESBURGSE AANDLIED Woorde: G.G. CILLIÉ Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: G.G. CILLIÉ Hoed my as ek my gaan neerlê, grote God, wat altyd waak. O, beskerm my deur u Almag as die kwade my genaak. O, vergeef my al my sondes, dan lê ek my hofie neer. Dood of hel sal ek nie vrees nie want U is my Rotssteen, Heer. Neem my ouers en my vriende in bewaring hierdie nag. Môre dank ons U vir goedheid, gawe van 'n nuwe dag. Melodie soos opgeteken deur G.G. CILLIÉ in 1950 in die huis van oom Frans Fouché, Doornhoek, P.K. Maanhaarrand, Magaliesburg. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=395