PSALM 45 Woorde: Afrikaanse Psalm- en Gesangboek Musiek: ROSA NEPGEN, vrye bewerking van motiewe uit die Geneefse melodie My hart, ontroer deur mymering, sal lieflik van 'n Koning sing. My tong, deur digvuur aangedryf, is soos 'n pen wat vaardig skryf. U's skoon! Geen skoon wat daarby haal. Bevalligheid van trek en taal is oor u lippe uitgestort-- U wat deur God geseën word. U klere is mirre en alewee, en balsemgeur sweef met U mee; uit u ivore-koningshuis kom wonderskone snaargeruis. Ek sal, o Vors, U eer bewys, u Naam déúr die geslagte prys. Die volke sal, in U verblyd, U loof vir ewig en altyd. Uit "Met Hart en Mond", Rosa Nepgen (N.G. Kerk-Uitgewers), 1966. Die teks is opgeneem met die welwillende toestemming van die kopiereghouer: Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.