PSALM 23 Woorde: Afrikaanse Psalm- en Gesangboek Musiek: ROSA NEPGEN Net soos 'n herder uittrek met sy skape en hul laat neerlĂȘ in die veld van milde groen, met sagte hand hul lei langs stille waters-- so is die Heer, so het hy ook aan my gedoen: Hy laaf my siel en lei my swakke skrede in vaste spoor van sy geregtighede. En is ek soos 'n skaap in doodsgevare, wat in die velde as 'n prooi van wolwe gaan, en moet ek in die doodsdal, diep en donker, van alle hulp ontbloot, in my alleenheid staan-- dan nog ken ek geen doodsvrees of verskrikking, omdat u staf my troos is en verkwikking. U bring vir my die tafel in gereedheid, my hoof druip olie en my beker vloei van wyn, 'n bron van goedheid stroom vir my gedurig; dit is my gees 'n vreug, my vyande 'n pyn; dit kroon my lewe met u welbehae; en in u huis, daar bly ek al my dae. Uit "Met Hart en Mond", Rosa Nepgen (N.G. Kerk-Uitgewers), 1966. Die teks is opgeneem met die welwillende toestemming van die kopiereghouer: Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.