OUD-NEDERLANDSE DANKGEBED (1625) Woorde: JAN F.E. CELLIERS Musiek: A. VALERIUS; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS O Vader, ons nader u troon in gebede, vertrouend en bouend op reg en op eer. O, U in verlede ons hulp, hoe sou hede die Bose voor u oog dan oor ons triomfeer? Na lye en strye het steeds u genade die harte se smarte verligting geskenk; uit storme se woede het altyd die goede soos daagraad na die donker verskyn op u wenk. Beskermer, Ontfermer, Bestuurder van volke, verlig ons en rig ons en staan ons weer by; en nooit sal ons buig nie; geen vyand ooit juig nie. U Almag sal ons lowe, o Heer, maak ons vry!