VERVUL MY HART (Môregesang) Woorde: Afrikaanse Psalm- en Gesangboek, 1944 Musiek: Liederwysie; harmonisasie: O.A. KARSTEL; verwerk: G.G. CILLIÉ Vervul my hart met dankbaarheid waar ek nou tot U nader; verkwik deur u weldadigheid, kom ek tot U, my Vader. Hoe juig my hart sy danklied uit vir u goedgunstighede; my eerste lied is dankgeluid, u lof my eerste skrede! U lof my eerste skrede! O Skepper van die wêreldrond, maar in u Seun my Vader; laat my nou in die môrestond eerbiedig tot U nader. Ek wy U weer die nuwe dag en steun op u geleide. En wat 'n lot my ookal wag, U staan my trou tersyde, U staan my trou tersyde. Liederwysie, uit "Eeufeesliedjies", 1938. Die teks is opgeneem met die welwillende toestemming van die kopiereghouer: N.G. Kerk-Uitgewers, Kaapstad.