O GROTE CHRISTUS, EEWGE LIG Woorde: Afrikaanse Psalm- en Gesangboek, 1944 Musiek: Liederwysie; verwerk: G.G. CILLIÉ O grote Christus eewge Lig, niks is bedek voor u gesig, wat ons bestraal, waar ons ook gaan, al skyn geen son, al lig geen maan. Toon ons u goedheid en u mag deur u beskerming in die nag; wees ons toe skild teen leed en ramp; behoed ons brose lewenslamp! Wil alle kwaad dan van ons weer en laat ons slaap strek tot u eer; verkwik ons deur 'n soete rus, dat ons kan werk met nuwe lus! O Vader, dat u liefde ons blyk! O Seun maak ons u beeld gelyk. O Gees, send u vertroosting neer! Drie-eenge God, U sy die eer! Liederwysie, soos opgeteken deur G.G. Cillié in 1950 in die Ned. Geref. Kerk, Strydenburg. Die teks is opgeneem met die welwillende toestemming van die kopiereghouer: N.G. Kerk-Uitgewers, Kaapstad.