PSALM 138 Woorde: Afrikaanse Psalm- en Gesangboek Musiek: Liederwysie; verwerk: G.G. CILLIÉ [1] 'k Sal met my ganse hart, o Heer, U loof en eer, U loof en eer, u hoogheid huldig, en voor die gode, in psalmgeklank, U bring die dank, U bring die dank, aan U verskuldig. Ek sal my neerbuig op u eis, na u paleis, na u paleis, die oog na bowe. En, om u guns en waarheid saam, u heil'ge Naam, u heil'ge Naam eerbiedig lowe. [4] As in my angs en teëspoed die krag en moed, die krag en moed my wil begewe, as vyande van veglus brand, dan kéér u hand, dan kéér u hand en red my lewe. Die Heer is goed en wondersterk: Hy sal sy werk, Hy sal sy werk deur niks laat keer nie. Laat my, o Heer wat my bewaar, tog nóú nie vaar, tog nóú nie vaar, en nimmermeer nie. Liederwysie, soos opgeteken deur G.G. Cillié in 1957 by mev. H.J. Krüger, Rustenburg, Tvl. Die teks is opgeneem met die welwillende toestemming van die kopiereghouer: Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.