PSALM 126 Woorde: Afrikaanse Psalm- en Gesangboek Musiek: "Mir ist Erbarmung widerfahren", Liederwysie; verwerk: G.G. CILLIÉ [2] Groot was u daad, en ons is bly. U het gered, en ons is vry! Maar, Heer, u gunsvolk sit nou weer in droefnis en ellende neer. Wil in u trou ons nooit begewe, maar wend ons lot, laat ons herlewe, soos waterstrome in Suiderland die veld laat juig na sonnebrand. [3] Wie wenend, onder leed en smaad, die korrels uitstrooi van die saad, sal in die hooggehalmde graan eerlang verblyd die sekel slaan. Al wenend saai hy oor die akker; maar vrolik word sy saaigraan wakker. En eind'lik dra sy nyw're hand die volle gerwe van die land. Die teks is opgeneem met die welwillende toestemming van die kopiereghouer: Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.