PSALM 38 Woorde: TOTIUS, Afrikaanse Psalm- en Gesangboek Musiek: Liederwysie; verwerk: G.G. CILLIÉ [Vers 1] Straf tog nie in ongenade my misdade, Heer, verdra my met geduld. Wil tog nie in toorn ontsteek nie en U wreek nie op my sonde en sondeskuld. [Vers 11] En my vyand lê sy lae; in my plae dreig hy met die laaste slag. Samespreek hul, same veins hul, en bepeins hul my verderf die ganse dag. [Vers 13] Want U, Heer, ontferm U oor my, en verhoor my. Op U bou'k--wat my ook tref. Laat my vyand nooit oor my nie hom verbly nie --om my wank'ling hom verhef. [Vers 17] Wil my, Heer, in hierdie lewe nie begewe; Wees nie ver van my gebed! Hoor die roepstem van 'n lyder, o Bevryder wat my altyd uit wou red! Liederwysie, soos opgeteken deur G.G. Cillié in 1950 in die huis van oom Frans Fouché, Doornhoek, P.K. Maanhaarrand, Magaliesburg. Die teks is opgeneem met die welwillende toestemming van die kopiereghouer: Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.