PSALM 6 Woorde: Afrikaanse Psalm- en Gesangboek Musiek: Liederwysie; verwerk: G.G. CILLIÉ [1] Wil my, o Heer, nie straf nie, wys my in toorn nie af nie, sien my genadig aan; laat in my teëspoede 'n alte strenge roede my nie met gramskap slaan! [4] Keer weer tot my bevryding, verlos my uit my lyding, straal goedheid op my af. Want daar's geen lofgedagte vir U in dood se nagte, geen lofstem in die graf! [7] Wyk weg in julle broosheid, o werkers van godd'loosheid, want God kom naderby. In my geween en smeking, verbrys'ling en verbreking verhoor die Here my. [8] Waar is my teenpartyders? 'n Skrik het my bestryders verstom en om laat keer. Hul hoogheid lê aan bande, 'n oogwink--en hul skande daal op hul koppe neer. Liederwysie, soos voorgesing deur ds. J.P.W. de Vries en opgeteken deur G.G. Cillié in 1952. Die teks is opgeneem met die welwillende toestemming van die kopiereghouer: Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=371