INKOSI JESU Woorde: RAE TOMLIN Musiek: EDITH HUGO BOSMAN Soos Maria haar Seun vertroetel het druk ek my kindjie aan my bors. O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu. Ek voel sy lewe en sy krag en sy asemhaling stil en sag. O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu. Ek hoor my mense singend, singend in die wind. O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu. Die ruising van die vaal ou gras wieg Hom sag in lieflike drome. O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu. Die kafferboom hef sy arms omhoog, vol van lof vir U alleen. O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu. O, gee ons krag, o, gee ons hoop; maar boweal u liefde o Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu. Uit "Suid-Afrikaanse Kersliedere, Bundel I", saamgestel deur mev. Jo Ross (Voortrekkerpers), 1968. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=370