LIEF KINDJIE KLEIN Woorde: G.G. CILLIÉ Musiek: COVENTRY CAROL; Engelse Kerslied, 16de eeu Lief Kindjie klein, so teer en fyn, slaap rustig soet en sag. Dis donker nag, die lig verdwyn; engeltjies hou die wag. Koning Herodes gee bevel: "Klein seuntjies word vermoor." Soldate ru soek ook my Kind: wil ook sy hart deurboor. God sal Jou op die hande dra; sy eng'le om Jou skaar. Al kom Herodes en sy mag, God sal my Kind bewaar. Slaap daarom voort, my Kindjie klein; slaap rustig, soet en sag. Dis donker nag, die lig verdwyn; engeltjies hou die wag.