JUIG MY HART Woorde: J. BAUMBACH Musiek: JOHANN EBELING (1637-1676) Juig my hart met blye galme, wees verheug, dank vol vreug God met jubelpsalme. Hoor hoe sing die eng'le kore: Prys en eer God, die Heer; Christus is gebore. Hy kom uit sy hemelwoning van sy troon, sonder kroon daal die hoogste koning. God word mens gering in waarde, word 'n kind, en verbind Hom met ons op aarde. O my heil, op U vertrou ek; trouste Vriend, liefste Kind Jesus, op U bou ek. Wees my Leidsman hier benede; en my loon, skat en kroon in die ewighede.