STILLE NAG, HEILIGE NAG Woorde: J. MOHR Musiek: F. GRUBER Stille nag, heilige nag. Alles rus; eensaam wag slegs Maria, geseënde vrou, by haar Kindjie met Josef so trou: Soete, hemelse rus! Soete, hemelse rus! Stille nag, heilige nag. Oor die veld, lief en sag, klink die lied van die engelekoor, eers deur herders, dan verder gehoor: Juig die Redder is daar! Juig die Redder is daar! Stille nag, heilige nag. Jesuskind, vriend'lik lag liefde teer uit u god'like mond; tans daag heerlik die vrywordingstond: Heer gebore vir ons! Heer gebore vir ons! ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=364