BETLEHEMS VELDE Woorde: THEO W JANDRELL Musiek: Ou Boheemse Wysie Betlehems velde lê diep in die nag. Herders hou trou oor hul kuddes die wag. Eng'le daal neer uit hemelse oorde; wyd oor die velde klink hierdie woorde: "Vrede op aard!" Betlehems krippie, in doeke gedraai lê 'n klein Kindjie, so teer en so fraai. Liefde so groot! 'n Stal is sy woning! Hy is ons Heiland, ons Heer en Koning! Ere aan God! Betlehems Kindjie, Verlosser en Heer, almal bring hulde en kniel voor U neer. Sing saam die lied met engelekore! "Vrede op aarde, Hy is gebore! Halleluja!" ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=361