IN DULCI JUBILO Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: 14de eeu/Wittenberg, 1529; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN In dulci jubilo,[1] kom jubel jul wat glo! Hy, die Hemelkoning, lĂȘ in praesepio;[2] kom van sy hemelwoning matris in gremio.[3] "Alphaes et O,[4] Alphaes et O." Verheug u in die Heer, sing same tot sy eer. Vir sy groot verlossing bring ons aan Hom die eer! Gebore as 'n Kindjie so needrig en so teer. Hy, die Hemelheer, Hy, die Hemelheer. Kom laat ons hulde bring, vir Hom ons loflied sing! Hy wat sondaars vrymaak daal na die aarde neer, maak by die mens sy woning, kom as 'n Kindjie teer. So het God bestel, Hy, Immanuel. [1] Met soete gejuig [2] In die krip [3] In die skoot van die moeder [4] Hy is die Eerste en die Laaste