DAAR IS 'N KIND GEBORE Woorde: G.G. CILLIÉ Musiek: 15de eeuse Duitse Kerslied; verwerk: MICHAEL PRAETORIUS, 1609 Daar is 'n Kind gebore, 'n Rosie teer en fyn. Dit is reeds lank tevore voorspel: Hy sou verskyn. Hy kom in wintertyd, spruit uit die stam van Dawid, red vir die ewigheid. Jesaja het vermelde 'n Rosie sou ontluik, God sou 'n maagd uit Juda vir Jesus koms gebruik. Deur God se eewge raad word sy die Kind se moeder. Loof God se grootse daad. Die wêreld, diep verlore, lê dood in donkerheid; Hy, tot ons heil gebore, word Lig in ewigheid. Hy, Kneg en waarlik Heer. Verlos van smart en sonde, sing ewig tot sy eer!