SAGGIES EN SOET KLINK DIE KLOKKE Woorde: P.H. JOHL; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: Duitse Kerslied; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS Saggies en soet klink die klokke, tyding van kersgety. Engele kom met hul sange vrede en vreug versprei. Hoor hoe dit klink deur die heilige nag, hoor hoe dit klink deur die heilige nag. Klokke met hemelse klanke: troos vir 'n mensdom wat wag. Sonnetjie daal in die weste, rosig oor veld en vlei. Voƫltjies gaan oral te ruste; daar is ook rus vir my. Lui dan die boodskap vir almal vannag, lui dan die boodskap vir almal vannag. Klokke met hemelse klanke: troos vir 'n mensdom wat wag. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=356