OU-KERSAAND Woorde: CHRIS LAMPRECHT Musiek: CHRIS LAMPRECHT Deur baie jare heen kom kindertjies byeen: Halleluja, halleluja, halleluja, halleluja. 'n Kersboom by die see, in bosryk' kloof geleë, Halleluja, halleluja, halleluja, halleluja. Die Kersboom, immergroen, word geelhoutboom genoem. Halleluja, halleluja, halleluja, halleluja. In sagte skemering word "Stille Nag" gesing. Halleluja, halleluja, halleluja, halleluja. Vertel die mooi verhaal van Jesus in 'n stal. Halleluja, halleluja, halleluja, halleluja. Die huis waar liefde woon, deur God geseën, gekroon. Halleluja, halleluja, halleluja, halleluja. Uit "Suid-Afrikaanse Kersliedere, Deel II", saamgestel deur mev. Jo Ross (N.G. Kerkboekhandel), Pretoria. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=355