STIL, STIL, STIL Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Salzburgse Volkswysie; verwerk: HANS OSER Stil, stil, stil, die heil'ge nag, so stil. Vir snode sondaars diep verlore, word die heil'ge Kind gebore. Stil, stil, stil, die heil'ge nag, so stil. Hoor, hoor, hoor, daar ruis 'n eng'lekoor. Hul sing 'n lied van goeie tyding, vree op aarde, sielsverblyding. Hoor, hoor, hoor, daar ruis 'n eng'lekoor. Kom, kom, kom, o alle mense, kom. Die Kindjie is u hartsverlange, bring aan Hom u dankgesange. Kom, kom, kom, o alle mense, kom. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=354