HEIL'GE NAG, SO WONDERSKOON Woorde: G.G. CILLIÉ Musiek: G.G. CILLIÉ Heil'ge nag, so wonderskoon, God se Seun kom by ons woon as 'n Kindjie in 'n stal, Koning van die groot heelal. Halleluja, halleluja, halleluja, loof die Heer! Herders het 'n stem gehoor, luister na 'n eng'lekoor: Vrede daal op aarde neer met 'n Kindjie, klein en teer. Halleluja, halleluja, halleluja, loof die Heer! Wyse manne kom van ver, volg die rigting van 'n ster, reis eers na Jerusalem, vind die Kind in Betlehem. Halleluja, halleluja, halleluja, loof die Heer! Kom nou kinders, almal saam, laat ons ook na Jesus gaan, laat ons vrolik hulde bring en vir Hom ons lied're sing. Halleluja, halleluja, halleluja, loof die Heer! Die melodie in mate 1-8 is tot 'n groot mate ontleen aan "In des hemels hooge zalen" uit "Het Levende Lied van Nederland" deur Jaap Kunst.