BETLEHEM SE STER Woorde: TIENIE HOLLOWAY Musiek: BLANCHE GERSTMAN Sterretjies wat vonkel in die hemelblou, ek wonder, o so dikwels, of jul ooit onthou hoe daar een van julle aan die hemeltrans wyse manne gelok het met sy helder glans? Weet jul wat het hul toe in die stal gevind? In die krip se skuilte lĂȘ die heil'ge Kind. Het jul ook die sang van stemme soet gehoor, stemme in die hemel van die engelkoor? Weet jul ook van herders wat hul haas na die stal om voor die tere Kindjie op die knie te val? Sterretjies wat vonkel in die hemelblou, ek wonder, o so dikwels, of jul ooit onthou? Uit "Suid-Afrikaanse Kersliedere, Bundel I", saamgestel deur mev. Jo Ross (Voortrekkerpers), 1968.