SLAAP, HEIL'GE KINDJIE Woorde: HEIN TOERIEN Musiek: WILFRED KEMP Slaap, heil'ge Kindjie, sluit jou ogies; hoor hoe die windjie saggies sus. Buite is alles lank reeds donker, plante en diere het gaan rus. Moeder sal waak oor Kindjie, vaak, tot in die môre die daeraad kom. Slaap heil'ge Kindjie, sluit jou ogies: Ver is die pad wat Jy moet gaan. Uit "Suid-Afrikaanse Kersliedere, Bundel I", saamgestel deur mev. Jo Ross (Voortrekkerpers), 1968.