KERSTYD IN DIE LAER Woorde: JOUBERO MALHERBE Musiek: JOUBERO MALHERBE; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS O dapper kindjie van jare reeds heen, het julle ook Kersfees gevier? Met bonte blomme en sterrereën 'n wilde klein boompie versier? Vanuit die laer klink daar 'n lied; eerbiedig kniel hul neer. O Heer, laat hier u wil geskied, skenk liefde en vrede hul weer. O kinders van die veld so wyd, wat het jul vir Kersfees gekry? 'n Lappop mooi met kappie wat tuit, 'n waentjie met ossies van klei. Vir Jesus sou julle dit graag wou skenk, maar skenk jul lewens teer. Met Kerstyd wil ons dan gedenk, jul offers met liefde waardeer.