ROSIE VAN DIE VELDE Woorde: H.F.G. KUSCHKE, na Goethe Musiek: FRANZ SCHUBERT Knapie sien 'n rosie staan, Rosie van die velde. Haastig het hy toe gegaan, staar dit met verrukking aan; sien so 'n skoonheid selde. Rosie, rosie, rosigrooi, Rosie van die velde. Knapie sê: Ek pluk jou nou, Rosie van die velde. Rosie sê: Dan steek ek jou dat jy altyd sal onthou Rosie steek met spelde. Rosie, rosie, rosigrooi, Rosie van die velde. Maar die ruwe knapie breek Rosie van die velde. Rosie hou haar woord en wreek Knapie's moedswil met 'n steek-- tog moet sy't ontgelde. Rosie, rosie, rosigrooi, Rosie van die velde. Kyk ook nommer 329. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=347