DIE EIKEBOOM Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: FRANZ SCHUBERT; verwerk: G.G. CILLIÉ Daar buite langs die woonhuis, daar staan 'n eikeboom; en baie kinderjare is daar met vreug verdroom. Sy wortels het ek opgesaal en wild my perd gery. O kindertyd, net eenmaal! En dan is dit verby, en dan is dit verby! En nou na baie jare nog altyd staan hy daar: so stewig, ongeskonde deur stormwind of gevaar. En kom deur al die jare die lentetye mooi, word hy met jonggroen blare so lieflik opgetooi, so lieflik opgetooi. Waar ek ook al my skrede mag wend die wêreld in, die plek van kinderdrome sal ek altyd bemin. En as in lentenagte die blare ruisend sug dan gaan ek in gedagte na daardie boom terug, na daardie boom terug. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=345