O, BOEREPLAAS Woorde: C.F. VISSER Musiek: JOHANNES JOUBERT; verwerk: ARTHUR ELLIS O boereplaas, geboortegrond! Jou het ek lief bo alles. Al dwaal ek heel die wêreld rond, waar so gelukkig, so gesond? O boereplaas, geboortegrond! Jou het ek lief bo alles. O moederhuis, waar ooit so tuis? Jou het ek lief bo alles. Die wêreld, rykdom, prag en praal kan jou verlies my nooit betaal. O moederhuis, waar ooit so tuis? Jou het ek lief bo alles. O moedertaal, o soetste taal! Jou het ek lief bo alles. Van al die tale wat ek hoor, niks wat my siel ooit so bekoor. O moedertaal, o soetste taal! Jou het ek lief bo alles.