O, BOEREPLAAS Woorde: C.F. VISSER Musiek: "Der Tannenbaum", gewysig; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS O boereplaas, geboortegrond! Jou het ek lief bo alles. Al dwaal ek heel die wêreld rond, waar so gelukkig, so gesond? O boereplaas, geboortegrond! Jou het ek lief bo alles. O moederhuis, waar ooit so tuis? Jou het ek lief bo alles. Die wêreld, rykdom, prag en praal kan jou verlies my nooit betaal. O moederhuis, waar ooit so tuis? Jou het ek lief bo alles. O moedertaal, o soetste taal! Jou het ek lief bo alles. Van al die tale wat ek hoor, niks wat my siel ooit so bekoor. O moedertaal, o soetste taal! Jou het ek lief bo alles. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=343