STIL DEUR DIE NAG Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: Walliese Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS As die nagwind saggies fluister--stil deur die nag-- en die bome bewend luister--stil deur die nag-- dan ruis in my droewe sange weemoed en 'n stil verlange na die dae van vergange--stil deur die nag. Slaap, geliefde, soet jou drome--stil deur die nag-- in die ruising van die bome--stil deur die nag-- sal ek huiw'rend sag verbygaan, jou nie steur nie, net maar stilstaan, skuilend in die skadu's weggaan--stil deur die nag. As die maanlig my omgewe--stil deur die nag-- silwer wolkies ver weg swewe--stil deur die nag-- dan vergeet ek al die wrede hunk'ring na 'n soet verlede, voel ek rustig en tevrede--stil deur die nag. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=341