WEEKLAG Woorde: F.J. EYBERS en P. MCLACHLAN, na "In stiller Nacht zur ersten Wacht" Musiek: JOHANNES BRAHMS; verwerk: G.G. CILLIƉ In stille nag, vol sterreprag, het sag 'n stem gebewe; 'n droewe kreet uit harteleed kom na my aangeswewe. En ook by my, in medely, vloei trane oor my wange; so groot my smart, so seer my hart, so eind'loos my verlange. Die silwer maan wou ondergaan, sy lyk so droef en eensaam; en sterrelig verdof en swig as sware wolk verbygaan. Die lower hang; geen voĆ«lgesang, geen juigtoon uit die weide. Die heel natuur moet smart verduur, so swaar my leed en lyde.