MÔRE BREEK DIE AFSKEID AAN Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: FRIEDRICH SILCHER; verwerk: CHRIS LAMPRECHT Môre breek die afskeid aan, weg na ander lande; deur die lug so vlug daarheen--afgebreek die bande. Tyd van kom en tyd van gaan, onbestendighede-- so is heel ons lewe, so is heel ons lewe. Tog, hoe vreemd die hunkering, altyd wil ons swerwe, soek die hart verandering, lokkend wag die vreemde. Ander oorde lyk so mooi, blinkend vol betowering, streel met hul bekoring, streel met hul bekoring. Maar ontnugt'ring kom so gou--ander gras lyk groener-- eensaam word die vreemde nou, weg is reeds die wonder. Onbekend maak onbemind, Vaderland, dit weet ek nou, nooit was jy my skoner, nooit was jy my skoner.