WAAROM NIE VROLIK? Woorde: THEO W. JANDRELL Musiek: H.G. NÄGELI; verwerk: G.G. CILLIÉ Waarom nie vrolik, vroeg op jou lewensbaan? Pluk al die rose eer hul vergaan! Mens skep jou sorge wat vermoei, sien rondom jou net dorings groei en stap viooltjies fraai verby wat om jou voet gedy. Waarom nie vrolik, vroeg op jou lewensbaan? Pluk al die rose eer hul vergaan! Al lei jou pad deur nag so swart, jou matte gang deur stryd getart, die storm woed uit, die nag verdwyn, die son sal weer verskyn! Waarom nie vrolik, vroeg op jou lewensbaan? Pluk al die rose eer hul vergaan! Al word die opdraans lank en swaar, al val jy vas, daar is voorwaar, tog hier en daar, alwaar jy gaan 'n vriend wat by jou staan. Waarom nie vrolik, vroeg op jou lewensbaan? Pluk al die rose eer hul vergaan! Wie eerlik is, en dag na dag sy plig as hoogste deug betrag, in wie se hart die liefde woon, kan sing op volle toon: Waarom nie vrolik, vroeg op jou lewensbaan? Pluk al die rose eer hul vergaan!