SWERWER SE NAGLIED Woorde: EITEMAL Musiek: ANTON RUBINSTEIN Berge swart gemantel, somber teen die lug, denne donker dreigend, elke voëltjie vlug. Al die velde swyg nou, deur die slaap gesus. Wag maar swerwer, wag maar, jy kom ook tot rus. Berge swart gemantel, somber teen die lug, denne donker dreigend, elke voëltjie vlug. Al die velde swyg nou, deur die slaap gesus. Wag maar swerwer, wag maar, jy kom ook tot rus. Wag maar swerwer, wag maar, jy kom ook tot rus.