DIE AANDKLOKKE LUI IN DIE VERTE Woorde: Na V.A. DE LA MONTAGNE Musiek: CATHARINA VAN RENNES Die aandklokke lui in die verte in tone wat saggies kom streel. Die grootmoeder kniel op die drumpel, die kindertjies hou op met speel. Grootmoeder bid: "Onse Vader"; die kinders bid ook so sag. 'n Sonnestraal gly deur die lower; 'n glimlag, 'n glimlag, want engeltjies hou steeds die wag. Met toestemming van die uitgewers G. Alsbach & Co., Amsterdam, oorgeneem uit "Lenteleven", Vijf tweestemmige Liederen van Catharina van Rennes.