MAN EN VROU Woorde: A.G. VISSER Musiek: M.C. ROODE Die vrou is vir die man gemaak, die man weer vir die vrou, die man weer vir die vrou; soos die braaiboud vir die haak, soos die stewel vir die kraak, die apie vir die mou, die stertveer vir die pou, die stertveer vir die pou. Die vrou is vir die man gemaak, (Die vrou is vir die man gemaak,) die man weer vir die vrou! Nes die soetkoek vir die smaak, nes die praatjies vir die vaak, die kake vir die kou, die trekos vir die tou, die trekos vir die tou, die vrou is vir die man gemaak, die man weer vir die vrou! Is haar ogies groen of grou, groen of grou, soetskeel bruin of bafta blou, tog is sy die nooi vir jou, vir jou! Die vrou is vir die man gemaak, die man weer vir die vrou!