EK HOU VAN JOU! Woorde: M.C. BOTHA Musiek: T.H. MATTHEWS Ek vra nie na jou werk nie; ek vra nie hoe jy lyk; ek vra nie na jou geld nie; ek vra net edelheid. As jou siel net edel is en karakter rots gebou, dan durf ek om aan jou te sê: "Ek hou, ek hou van jou!" Jy sê jou werk is needrig; jy weet nie hoe jy lyk; jy sê jy het nie geld nie; jou siel min edelheid. As jou siel net edel is en karakter rots gebou, dan durf ek om aan jou te sê: "Ek hou, ek hou van jou!" Nou kom dan stap ons same; ons is mekaar getrou! Daar's niks wat ons kan keer nie, solank as ons onthou! As jou siel net edel is en karakter rots gebou, dan durf ek om aan jou te sê: "Ek hou, ek hou van jou!" ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=330