IN DIE STILTE VAN MY TUIN Woorde: I.D. DU PLESSIS Musiek: ARNOLD VAN WYK, 1938 In die stilte van my tuin flikker son en skaduwee beurtelings op die muur. Blare van verbloeide rose het die wind hier dik gestrooi voor die ope deur. En die maanwit skoenlappers drywe op die geurende lug lomerig verby. Ook die hart wat jou bemin voel die vreugde van die uur as jou mond so lag, as jou mond so lag.