ROSEMONDJIE Woorde: FRANCOIS MALHERBE Musiek: HANS ENDLER Rosemondjie van waar dan die droefheid by jou, die gangetjie traag en die vlerkies gevou? Nog gister al dansende het jy gesing. So jub'lend en fleurig. Wat het treurnis gebring? En sy antwoord: "Ja gister was alles so mooi: die ure in rose-teer tinte getooi. Maar alles is weg nou met niks om my heen as drome van skoonheid herin'ring alleen". Rosemondjie, steeds graag wil 'n ieder bewaar en vasklem die oomblik maar 'n wyle gespaar. Wie steeds skoonheid pluk elke dag om hom heen, is ryker as almal wat om oomblikke ween. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=326