MOEDER MAGRIET Woorde: B. KOK Musiek: Ierse melodie Daar's 'n plek in my hart wat geen nooi'ntjie mag hou, daar's 'n plek in my siel, nooit deurgrond of deurskou, daar's 'n plek in herinn'ring, aan één mens verpand, die suiwerste liefde, 'n heilige band. [REFREIN] O, hoe min ek die hare wat silwerig skyn, en die voorhoof verrimpel van kwelling en pyn. Ek kus graag die hande en wy u my lied; o, God seën en behoed u, Moeder Magriet! Al die kommer en leed in die dae van smart is verlig deur die goedheid wat straal uit u hart. Soos die glans van 'n kersie wat skyn in die nag, so troostend u liefde wat wonders vermag. [REFREIN] O, hoe min ek die hare wat silwerig skyn, en die voorhoof verrimpel van kwelling en pyn. Ek kus graag die hande en wy u my lied; o, God seën en behoed u, Moeder Magriet!