OP MY OU RAMKIETJIE Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT Musiek: JAN BOUWS Op my ou ramkietjie, met nog net één snaar, speel ek in die maanskyn, deurmekaar. As die maan my aanhoor en die sterre knik, dan speel ek kordaat voort, in my skik. Wat gee ek om mense wat sê ek's mal. as die varings my aanhoor by die wal? Wat om my vrinde wat nooit nie verstaan as die sterre my toeknik en die maan? Op my ou ramkietjie, met nog net één snaar, speel ek in die maanskyn, deurmekaar.