AS SAANS Woorde: A.D. KEET Musiek: S. LE R. MARAIS As saans die son stilswygend sterf daar oor die westerrand, dan straal hy wondertekens uit aan elke wolk en land. As saans die skemersluier sak in stille seëtog, dan veg die dag sy doodstryd voor sy laaste ademtog. As saans die donker duister daal, die doodskleed van die dag, dan hou die kinders van die son, hul ligtend sterrewag.