SEGELIED (Aan ons Afrikanervolk opgedra) Woorde: A.B. WESSELS Musiek: STEPHEN H. EYSSEN, 1914 Oor die donkerblou hemel, dryf daar vlugtige wolke, alles omwelwend skeppend 'n sterrelose nag. Swaarder druk op my harte--twyfelmoedig gedagte, verdowend my hope op die langverwagte dag. Klagend huil deur die bome, weemoedwekkende winde, snydend my siele maar waai die onheilswolke heen. Vrolik kondig die Ooste, "Nuw' dag is gebore!" Verdwyn dan gure wolke met u droewig' druipend reën! Lank was die stryd vir lout're bestaan; bitter die angs dat alles vergaan; maar uit die dode ongemerk, groei 'n volksgees vurig en sterk; en sterker sal hy lewe en geen vyand hom weerstrewe. Vryheid en reg sal segevier. Dié lied is die eerste sangstuk in Afrikaans.