DIS AL Woorde: JAN F.E. CELLIERS Musiek: JOHANNES JOUBERT Dis die blond, dis die blou; dis die veld, dis die lug; en 'n voël draai bowe in eensame vlug--dis al. Dis 'n balling gekom oor die oseaan, dis 'n graf in die gras, dis 'n vallende traan--dis al. Dis die blond, dis die blou; dis die veld, dis die lug; en 'n voël draai bowe in eensame vlug--dis al. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=314