WIEGELIEDJIE (Slaap, my kindjie, slaap sag) Woorde: JAN F.E. CELLIERS Musiek: JOHANNES BRAHMS; Op. 49 nr. 4 Slaap, my kindjie, slaap sag, onder rose vannag. Eers die armpies om my nek en dan warmpies toegedek. Môre vroeg, as God wil, word my kindjie gewek; môre vroeg, as God wil, word my kindjie gewek. Slaap, my kindjie, slaap sag, onder eng'le se wag; hulle toon jou in 'n droom kindjie Jesus se boom. Slaap nou soet, hulle wys jou 'n droomparadys, Slaap nou soet, hulle wys jou 'n droomparadys. ----- Woorde en musiek: http://tortel.net/~lochner/blerkas/?lied=313