SLUIMER, SLUIMER Woorde: P. MCLACHLAN Musiek: FRANZ SCHUBERT Sluimer, sluimer, sluimer by jou moeder. Saggies, saggies lê sy kindjie neer. Veilig waak sy, kindjie, sy's jou hoeder. Môre, môre speel my kindjie weer. Sluimer, sluimer, buite huil die windjie-- Moeder dek jou liefdevol en teer. Sagte wiegie, warrempies my kindjie-- koue windjie sal jou hier nie deer. Sluimer, sluimer, sorgeloos tevrede. Eendag, kindjie, ken jy ook die kwaad. Maar die moederhart slaak 'n stille bede: dat geen onheil ooit my kindjie skaad. Met vriendelike vergunning van R. Müller, Bpk.