WIEGELIEDJIE (Doedoe kindjie, doedoe) Woorde: EMANUEL DE ROUBAIX Musiek: HANS ENDLER; verwerk: G.G. CILLIÉ Doedoe kindjie, doedoe. Die sonneskyn het verdwyn en spelery is verby; daarom kindjie, doedoe! Doedoe kindjie, doedoe. Die bok en skaap het gaan slaap, maar kat en hond loop nou rond; daarom kindjie, doedoe! Doedoe kindjie, doedoe. Die hoenderhaan toe-oog staan, Maar katoog-uil hoor ek huil; daarom kindjie, doedoe! Doedoe kindjie, doedoe. Die liewe maan kom al aan en daarvan ver roep die ster: Kom nou kindjie, doedoe.